GESPREKKE WAT JOU SAL INSPIREER
OM BETER TE WEES, AS WAT JY GISTER WAS!

HOEKOM DIE TAFELMANIERE PODCAST?

Die Tafelmaniere podcast word in Afrikaans vertolk en almal wat Afrikaans sprekend is of Afrikaans verstaan, is welkom. Hierdie taal is ‘n wille taal, met meer buierigheid as ‘n tiener wat nie sy iPhone kan vind nie.

Ons taal, ons kultuur, ons land en AL haar mense is partykeer in ‘n tiener-bui, waar ons gil en skree en vloermoere gooi, want ons emosies neem ons verstand oor. Maar hier gaan ons bedaar en saam die pad na intellekuele volwassenheid stap.

Die Tafelmaniere Podcast glo in die mag van gesprekke. Spesifiek, die tipe gesprekke wat lank is in lengte en nie onderbreek word deur enige eksterne faktore nie. Gesprekke kan jou inspireer om beter te wees, as wat jy gister was!

GESPREKKE MET INSPIRERENDE SUID-AFRIKANERS!

MEER OOR MY

Hallo.

Ek is Fredrick.

Die aanbieder en vervaardiger van die Tafelmaniere Podcast. En voordat julle nou in die episodes induik, laat ek eers ‘n paar dinge noem. Laat my gou toe om die fundumentele idees van hieridie projek met jul te deel.

Ek het in 2017 myself begin blootstel aan die wye wêreld van podcasts, want ek het moeg geraak om vir gejok te word, deur hoofstroom media, Radio, televisie en flieks. Ek was moeg daarvoor dat hulle my heeltyd bombardeer met boodskappe wat ‘n wêreld van illussie skep. ‘n Illussie wat voorstel dat die wêreld aan die kant is van die een of die ander. Swart of wit. Geloof en wetenskap. Links of regs. DA of ANC. Afrikaans en die res.

Ek was moeg vir hierdie sisteem wat ons prober beheer, en toe besluit ek om “uit te prop”

Dis toe hier waar ek ‘n grys area ontdek en hierdie area word gekomponeer in die vorm van gesprekke. Langer vorme van gesprekke. En in hierdie area, lê die pad na waarheid.

Ek sien “die tafel” as een van hierdie areas. Hier bring ons, ons vasgestelde illussies en ons verbrokkel hulle deur hierdie langer gesprekke, en sien hoe die gordyn stadig-maar-seker begin oplig. En aan die ander kant lê die pad na waarheid.

GEWILDE EPISODES

Luister elke episode op die Apple Podcasts APP of Spotify. OF neem die tyd om ‘n episode te kyk op Youtube.

LUISTER

 

 

LUISTER OP ANDER KANALE

apple-podcast
spotify
Overcast
Pocket Cast
Castro
Castbox

KYK OP YOUTUBE:

Subscribe

WIE LUISTER NA MY?

HIERDIE IS VIR JOU

Hierdie is vir die ou of die vrou wat in die verkeer sit, oppad werk toe, of skool toe om die kinders af te laai. Hierdie is vir jou wat laat-nag en vroeg oggend nog agter die stuur sit, en vir jou wat die son-opkoms beskou as die einde van die skof.

Jy voel dat middag-ete is die beste tyd van die dag in daai hokkie, wat jy ‘n kantoor noem. Jy is moeg daarvoor om na die radio te luister en na die televisie te kyk, want dit is in elk geval net liedjies wat herhaal word en vlak storielyne op programme waar hul in die agtergrond in elk geval vir jou die lag-werk doen. Hulle stop jou elke uur vol slegte nuus, wat nog dieselfde gaan wees teen môre, middag-ete se tyd. Die aanbieders is “oor-die-muur” en weier om af te tree, want pensioen is mos skaars deesdae.

Jy is gatvol om gebombardeer te word met ‘n politieke sisteem wat laas gewerk het in die tyd toe ons nog met ‘n veer en ink moes skryf by ‘n kers-liggie. Jy is keelvol vir slegte nuus. Net slegte nuus. Heeldag, donnerse slegte nuus! Jy is moeg daarvoor om vir gesê te word wat om te dink.

Jy is mos nie meer ‘n kind nie?

Hierdie is vir die huisvrou of huisman, wat werk vir hul huis. Jy werk van jou huis af. Jy werk aan jou huis. Jou huis, is jou huis. Want jy weet, ‘n mens sonder ‘n huis, sal nooit voluit mens kan wees nie. Die klanke van huis: die kinders wat raas, die honde wat blaf, die karre wat in die straat af jaag…

Die stilte van ‘n leë huis… Dit dryf jou partykeer om al voor middag-ete jou eie private wyn-proe te doen. Net jy. Vir jouself.

Jy is moeg vir die gewig van die geraas. Jy lewe heeldag in jou kop. Jy dink heeldag aan wat gebeur het en wat nog moet gebeur:

“Hoekom het hulle die verkiesing gewen? Gaan die petrol prys weer opgaan dié maand? Gaan hulle die Currie-beker wen?” Jy dink: “Gaan my kind vandag “ok” wees? Is alles “ok” by die huis? Asseblief, laat ons dié jaar net ‘n staanplek kry by Hartenbos!”

Maar tog, elke dag, as die dag tot sy einde kom, met die klank van MNET ooptyd, of aan die einde van die week met die Carte Blanche liedjie, is alles tog oraait… Ek praat met jou!

Hierdie is vir jou, wat glo dat boekslim is nie altyd so blêrrie slim nie. Jy weet dat wysheid is dieper en dat dit op siels-vlak binne jou bewussein plaasvind. Jy is rusteloos en jy soek elke dag meer daarvan. Jy weet dat die status quo is iets wat konstant uitgedaag moet word, dat die Bybel nie kronologies geskryf was nie, en dat as Jesus, Mohamed, en die Buddha vandag op dieselfde dorp gewoon het, hulle heelwaarskynlik tjommies sou gewees het.

Hierdie is vir jou wat nie sommer kwaad raak in die verkeer nie. Groot bakkies of sport-motors jaag op jou gat af, maar jy bly rustig, jy weet hierdie lewe is kort en kan vining tot ‘n einde kom.

Jy was op ‘n tyd ingeprop in die sisteem wat ons forseer om soos rotte resies te hardloop. Maar jy is nou uitgeprop. Jy lewe elke oomblik van elke dag, asof dit jou laaste is.

Hier, gaan ons stories vertel, want stories is die hele tyd besig om ons te vorm.

Hier, gaan ons leer om te praat, want iemand wat weet hoe om te praat, het nie nodig om te skree nie.

Hier, gaan ons leer om te luister, want iemand wat luister, het nie nodig om heeltyd te praat nie.

Hier gaan ons om ‘n tafel sit sonder die regte of verkeerde maniere, en saam, gaan ons die rippels van die ewigheid bekyk.

DIENSTE

GRAFIESE ONTWERP

Stel jou besigheid bekend aan die wêreld, in ‘n visuele meesterstuk. Teen spot-goedkoop pryse, kan jou besigheid ook vandag die grafiese wêreld betree!

Logo Ontwerp

Logo Ontwerp

Besigheidskaartjies en E-pos handtekenige

Besigheidskaartjies en E-pos handtekenige

Plakkate, Pamflette en Brosjures

Plakkate, Pamflette en Brosjures

En nog vele meer...

En nog vele meer…

PODCAST KONSULTASIES

Om ‘n podcast te begin is nie ‘n maklike proses nie, maar dit kan wees! Laat ek jou help om jou reis as ‘n podcaster te begin deur middel van ‘n podcast konsultasie. Hierdie sluit in:

‘n Konsultasie ontmoeting in persoon of via Skype (Afrikaans or English)

‘n Konsultasie ontmoeting in persoon of via Skype (Afrikaans or English)

Podcast Logo, gebruikbaar vir sosiale media kanale en alle betrokke platforme wat gebruik word vir die podcasts proses.

Podcast Logo, gebruikbaar vir sosiale media kanale en alle betrokke platforme wat gebruik word vir die podcasts proses.

Ontwerp van Podcast naam, leuse, tema en visie.

Ontwerp van Podcast naam, leuse, tema en visie.

Episode inhoud struktuur asook tema lied opneem en vervaardig,

Episode inhoud struktuur asook tema lied opneem en vervaardig,

WINKEL

BYT NET VAS! ONS IS AMPER REG OM ONS PRODUKTE BEKEND TE STEL!

KONTAK

Ek wil graag van julle hoor, so maak gerus kontak



     



VOLG ONS OP

© TAFELMANIERE.com Alle regte voorbehou 2020.

Met trots gebou deurdezignza.co.za